Ruby en Ruben wil baie graag ʼn troeteldier hê. Watter soort troeteldier? Dit weet hulle nie!
Miskien wil Ruby ʼn eend hê. Hulle kan saam in die waterplasse spat.
Maar wat as die eend wegvlieg? Kwaak-kwaak-kwaak!
Miskien wil Ruben ʼn haas hê. Hulle kan saam rondspring en wortels eet.
Maar wat as die haas wegspring? Hop-hop-hop!
Miskien wil Ruben ʼn leeu hê. Hulle kan saam in die son lê.
Maar wat as die leeu hom eet? Brul-brul-brul!
Miskien wil Ruby ʼn slang hê. Hulle kan saam bome klim.
Maar wat as die slang haar bang maak? Sis-sis-sis!
Miskien wil Ruben ʼn vark hê. Hulle kan saam heeldag kos eet.
Maar wat as die vark alles modderig maak? Snork-snork-snork!
Miskien wil Ruben en Ruby ʼn hond hê. Die hond sal Ruby en Ruben se beste maatjie wees!!! Woef-woef-woef!