Het jy nie ore nie?
Leonie Williams
Abraham Muzee

My ma gaan vandag vroeg werk toe, maar voor sy loop waarsku sy my om nie met die televisie te peuter nie.

"Valdo, jy los die tv af totdat ek huistoe kom, dit het so grens geluid gemaak en ek is bang dit skiet!"
"Reg so Mamma" antwoord ek.

1

My ma is weg en ek maak my klaar vir skool. By die skool vertel Aluve , my vriend , vir my dat hy 'n PS5 het.

Ek begeer lankal so iets, maar my ma kan nie sulke goed beskostig nie. Hy sê toe ons kan na skool met syne by hom huis speel.

2

Ek kon aan niks anders dink by die skool nie. Al wat op my gedagte was, was hoe lekke ek met die PS5 gaan speel.

Gelukkig is dit Woensdag en ons gaan vroeër huis toe. Uiteindelik lui die klok. Ek hardloop uit die klas na Aluve toe.

3

Gewoonlik vat dit ons twintig minute om by hom huis te kom, maar vandag is ons blits vinnig.

Toe ons by sy huis kom, is die deure gesluit. Die buurvrou roep oor die draad, "Jou, ma is Cleary Park toe ,my kind!"
"Aaitog" , sug ek.

4

Aluve sê toe ons moet by my huis gaan speel. Sonder om te dink sê ek, "Ja, nou kom ons vlieg". 1,2,3 , toe is ons by my huis.
Gelukkig het ek my eie sleutel, want my ma kom laat huistoe. Vandag voel ek hoe voel dit om playstation te speel.

5

Ek loop reguit na die tv , en druk die kragprop in. Baaa! Ek skrik my asvaal, soos my skoolbroek.

Aluve staan met die PS5 in sy hand , sy oë laken-wit en sy mond wawyd oop."Wat was dit?" vra hy, terwyl ek solank in 'n stille gebed gaan.

6

Ek hoop nie wat my ma oor bekommerd was, het nou gebeur nie. Ek bid dat dit net 'n skoot is was buite afgegaan het.

My kop begin pyn en my hart klop soos 'n reusies-perd. Ek kyk op na die tv, daar is net 'n klein blink lig in die middel.

7

Soos die liggie verdwyn, verlaat my bene my. Ek beland op die grond. Aluve tel my op en sê, "Valdo, Valdo , staan op, julle tv het geblaas!"

Die woorde stuur skok golwe deur my liggaam en ek spring op. Ek besef toe wat sopas gebeur het.

8

Swart rook trek by die tv uit. Die tv is dood. Aluve praat my bang, "joh , jou ma gaan jou dood slaan soos die tv."

"Maar , jy het gesê ons moet hier kom speel" sê ek met 'n bewerige stem. Hy lag my uit en sê, "Sê net dit was nie jy nie,"

9

"sê vir jou ma, dit was máár so toe jy hier kom." Hy is kalm. "Maak soos ek sê" ,sê hy. Na dit sê hy dat hy huistoe moet gaan.

Ek het nog nooit gejok vir my ma nie, sy sien altyd deur my. Hoe gaan ek maak, wat gaan ek sê? En ewe skierlik,

10

verskyn 'n donker gestalte in die deur. Dis my ma. Ek hoor hoe groet sy vir Aluve toe hy uitgaan. "Wat ruik so na verbrande kragdrade?"

Asof 'n lollie in my keel vassteek , sukkel ek om te antwoord. "Middag my kind, hoe was skool?" vra sy.

11

En voor ek kon antwoord vra sy weer wat só ruik. Ek kan nog steeds niks praat nie,al wat ek aan dink is die pakslae wat ek nou gaan kry.

Ek besluit toe om die waarheid te praat. Van die playstation tot waar die tv geblaas het, met toe oë.

12

Ek maak my gereed vir daai yster hand van my ma,maar tot my verbasing, druk sy my styf vas.

"Het jy seer gekry?",vra sy bekommerd.Ek kan nie praat nie en skud net my kop. Sy soen op my voorkop."Jy moet nie met krag peuter nie. Hoor jy my?"

13
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Het jy nie ore nie?
Author - Leonie Williams
Illustration - Abraham Muzee
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs