

Eendag was daar 'n koning luiperd. Hy was baie oud en moeg. Hy was sewentig jaar oud.
Hy was baie hartseer om vir sy diere te sê dat hy 'n nuwe koning gaan kies. Al die diere was ook baie hartseer dat Koning Luiperd nie meer hulle koning gaan wees nie.
Hy het vir hulle vertel dat hy die spies moes gooi om die koning te word en dat hulle ook die spies sal moet gooi om koning te word.
"Die een wat die verste gooi sal die nuwe koning wees" sê die luiperd.
Die luiperd roep toe Oom Olifant om eerste te gaan. Oom Olifant spring in die lug, hy was baie bang.
Al die diere staan in 'n ry terwyl Oom Olifant sy spies gooi. Oom Olifant vat 'n groot tree en gooi die spies doer vêr.
Volgende was die vlakvark. Hy het so woes gegooi al die diere het vir hom gekoes. Hulle was bang hy gooi hulle raak.
Na die vlakvark was Ben. Hy is 'n baie groot bobbejaan. Hy hardloop sy tree en gooi toe die spies, maar nie so vêr soos Oom Olifant nie.
Nadat almal 'n beurt gekry het om te gooi sien Koning Luiperd dat Buks die bok nog nie gegooi het nie. "Almal moet gooi Buks. " sê Koning Luiperd.
Buks was bang. "Asseblief Koning Luiperd, ek is klein. Ek sal nooit so vêr soos Oom Olifant kan gooi nie."
Koning Luiperd gaan sit op sy troon. "Toe Buks, laat jy gooi. Ek moet 'n koning kies." Buks vat 'n paar tree terug, hy hardloop vorentoe en gooi die spies so hard en vêr as wat hy kan.
"Buks, jy gaan 'n goeie Koning maak" sê die Luiperd. Die diere was baie hartseer, want hulle het 'n groot, sterk koning gesoek wat hulle kan beskerm. Buks het almal verkeerd bewys. "Ek is dalk klein en bruin, maar ek kan 'n spies gooi!"

