

Op 'n lieflike vrydag oggend die 3de Februarie 2023 word 'n pragtige dogter wakker waar haar Pa, Ma en twee sussies vir haar sing en sy weet...vandag is sy SESTIEN!!!
Met geen idee wat sy op die groot dag gaan doen nie. Weet sy dat mens net eenkeer sestien word en dat die dag defnitief moet spesiaal wees. Wie weet wat hierdie gesin vir haar sou beplan het..
Kayleigh dink dit sal 'n great idee wees om Jennifer te vat om te gaan swem vir haar verjaarsdag......want sy kan mos vir Jennifer leer hoe om soos 'n dolphin te swem
Bianca dink ons moet Jennifer vat vir 'n lekker mocktail...want sy is 16 en nog nie 18 nie.
So nou weet Jennifer regtig nie meer nie...gaan sy swem of gaan sy koeldrank in 'n fancy glas drink..
Of dalk gaan sy vir 'n Chocolate masker....want sy is mos sestien vandag en daar is niks so lekker soos Chocolate op jou gesig nie?
Maar Jennifer het geen idee en wonder wat dink haar Pa sal sy wil doen...
Jennifer se pa weet presies wat sy wil gaan doen en vandag is die dag wat hulle nou kan kyk wie het die grootste spiere by die gym, maar wie gaan dan nou wen want behalwe vir hulle golf tan wil albei die spier kompetisie wen.
Maar Kayleigh sê nee..julle albei kort 'n dokter want wie wil nou spiere wys op hulle sestiende
Jennifer is heel verlig want sy weet die was 'n 50-50 kans..maar sy wil nou weet wat gaan sy doen.
Dalk het haar mamma die antwoord en sy dink by haarself. "Ek hoop nie ons gaan by Kontrei eet nie"
Haar Ma dink 'n dress up partytjie klink soos 'n lekker idee en sy weet sommer dis nou iets wat Jennifer vreeslik sal geniet. Of so dink sy.
Bianca dink ook so want sy wou altyd 'n bos blou hare gehad het en net dalk sal haar ma nou kan sien as sy net brille kan dra
Maar haar pa sê "neeeee stop die lorrie want hierdie klink soos 'n sirkus en nie 'n sweet sixteen nie"
Nou weet arme Jennifer nie meer nie want hoe kan haar gesin so verkeerd wees oor haar verjaarsdag? En sy voel sy wil mal raak een wil swem, een wil cocktails drink, spiere wys en soos 'n clown aantrek. Jennifer is nou heel moedeloos
Jennifer wil net so graag gaan golf speel op haar verjaarsdag. Kan hulle dan nie sien sy dra elke dag haar golf hoed nie
Want die is tog haar verjaarsdag en nie net 'n gewone verjaarsdag nie. Dis haar sestiende verjaarsdag. En net toe sy moed opgee op haar perfekte verjaarsdag sê
Kayleigh uit die bloute uit" we've got you bra"
Jennifer klim in die bakkie (koets) haar tas is gepak en haar Golf stel is reg want haar Sestiende Verjaarsdag het begin...
Want sy gaan golf speel op haar sestiende verjaarsdag ...en Nee nie by Pinnacle point nie! Haar program is reg en gebook
Haar Vrydag begin sommer vroeg
9:15 Pezula golf speel
13:00 incheck by Pezula Golf Estate
18:00 lekker vleis braai en koek eet saam haar gesin en dalk swem
Saterdag...ongelukkig geen Golf
Heerlike Ontbyt by Tapas en Oyster
Besoek aan die Motorcycle Museum
Bootreis op Knysna lagoon
En eet en eet en eet....
En lekker oorslaap in Pezula
Baie geluk Jennifer met jou sestiende verjaarsdag.
Ons hoop die is regtig 'n Sweet Sixteen vir jou.
Ons is baie trots op jou en so lief vir jou.
Pappa, Mamma, Bianca, Kayleigh

