

Kosie was baie slim in Gr.R tot in Gr.3. Hy was 'n lieflike kind en was ook lief vir grappe vertel en maak. Hy was die lig in hulle huis, want as hy daar was ,was dit net lagtery wat jy hoor . Soos hy almal vermaak met sy grappe.
Ewe skierlik kon hy nie meer lees of spel nie, hy het net stil geword. Grappe maak was iets van die verlede. Al wat hy nou doen is baklei en stry met sy klein broertjie.
Eendag kom Kosie huistoe sonder die nuwe skieper wat sy ma vir hom gekoop het. Toe sy ma vir hom vra waar is die skieper, het hy net gesê, "dit was warm , en toe het ek my skieper uit getrek terwyl ons gespeel het.
"Toe ons klaar gespeel het, was dit weg." Sy ma was baie kwaad , want sy het haar laaste geld gebruik om vir Kosie daardie Nike skieper te koop, sodat hy nie kan uitstaan tussen die ander kinders by die skool se familie dag nie.
'n Paar dae het verby gegaan en terwyl sy ma na sy boeke kyk, raai wat kry sy in Kosie se sak?, sy nuwe Nike skieper, bebloed en in stukke geskeur. Sy ma is uit haar vel gesok. Sy roep hom en vra vir hom wat gebeur het.
Hy kyk af en byt sy naels, sy oë skiet vol trane, maar nogsteeds vertel hy nie vir sy ma die waarheid nie. "Kosie wat het gebeur my kind, jy ken my enige iets vertel?" Voor sy nog verder vra ,antwoord hy, "my neus het gebloei"
Omdat hy maar dié probleem het met sy neus wat onophoudelik bloei , het sy dit maar geglo, maar dit verduidelik nogsteeds nie die verskeerde skieper nie. Sy ma is toe die volgende dag skool toe , maar niemand weet niks nie.
Kosie het daarna amper elke dag met houe aan hom kop , gesig of lyf huistoe gekom. As sy ma gaan uitvind by die skool, het hy hom vas gehaardloop in 'n hek of hy is rof, soos hulle sê. Kosie het al meer aggresief geword by die huis.
Tot een dag , wat sy ma heeldag hom heeldag gevolg het by die skool, sonder sy wete.En raai op wat kom sy af? 'n lang maer seun, twee keer sy lengte met rasta lokke wat hom uittart en rond ruk en pluk.Om hulle staan 'n groep kinders en lag.
Sy kon haarself nie keer nie en gaan nader . Terwyl die seun nog skree , "Kosie kragkop! " is sy by hulle .Sy vra
vir Kosie , "Is hy die oukie wat jou elke dag boelie? Hy het net vir Kosie so een vuil kyk gegee asof hy sê, "praat jy net!"
Sy ma soebat hom om vir haar te sê, maar Kosie is meer bang vir die boelie as vir sy ma. Toe Kosie nie wil praat nie, vat sy ma hulle altwee na die kantoor. Maar toe hulle daar kom is die hoof in 'n vergadering.
Terwyl hulle daar wag, kom een van Kosie se klasmaats, 'n lang geboude meisie. "Het jy alweer, vir Kosie geslaan? vra sy vir die rasta oukie. Hy antwoord met 'n bewerige stemmetjie "Nee, my baas" . Sy beduie met 'n gebalde vuis na hom.
"Ek hoop nie so nie, jy weet wat doen ek met jou!",toe loop sy weg. Die oukie bibber van vrees vir die meisie wat langer as hy en langer as Kosie is.Kosie se ma vat die boelie en gee hom 'n drukkie en sê vir hom, "Boelie is nie oukei nie"

