Die gemeenskap van Ngweni
Ethan Baird
Ethan Baird

Ngweni was 'n klein gemeenskap, maar die mense in die gemeenskap was baie lief vir mekaar. Die Zwane gesin het vier kinders gehad wat elke dag moes sorg dat daar genoeg kos is om teëet en genoeg water is om te drink.

1

Busiswe het elke oggend voor die son al op is na die rivier toe gestap om water te gaan skep. Sy het gekies om na die verste punt van die rivier te stap omdat die ander gesinne al vroeg gebad het aan die ander punt van die rivier.

2

Meeste oggende het Busiswe by die koue rivier aan gekom en vinnig haar emmers vol water gemaak.

3

Sy het elke dag drie emmers rivier toe gevat, waarvan een altyd op haar kop gebalanseer het en die ander twee in haar arms was.
Die een emmer was om haar baba boetie te bad en die ander twee het hulle gebruik om te drink of kos te maak.

4

Busiswe het die water geskep en dan self vinnig gebad voor sy terug geloop het na Ngweni toe. Party oggende as sy by die huis aan gekom het kon sy ruik dat die water stink en nie skoon was nie.

5

Busiswe het dit geniet om elke oggend dit te doen vir haar gesin. Die pad wat sy gestap het was baie lank, maar sy het die koue lug op haar gesig geniet en elke dag 'n blom gepluk om agter haar oor te sit en dankie gesê vir nog 'n dag.

6

Busiswe se ma het haar een oggend baie vroeg wakker gemaak en gesê sy moet vinnig gaan water kry want haar boetie is siek en hy kort water om te drink.

7

Sy het dadelik opgestaan, aangetrek en gehardloop na die rivier toe. Sy het eers na die naaste punt van die rivier toe gehardloop,maar daar was teveel vullis en toe gaan sy eerder na 'n verder punt van die rivier toe.

8

Busiswe het gehardloop tot sy nie meer haar bene kon voel nie. Sy was baie bekommerd want sy het geweet haar boetie is nog klein en dat die dokter baie ver van hulle gemeenskap af bly.

9

Sy het by die rivier gekom en so vinnig soos wat sy kon haar emmer vol gemaak, sy het gekyk hoe die bruin skuim water in haar emmer loop en gebid dat haar boetie gesond sal word.

10

Toe die emmer vol water was het sy dit op haar kop gesit en vinnig terug gehardloop. Sy moes langs die pad paar keer stop om te loop, want sy kon voel dat baie van die water uit die emmer uit mors.

11

Toe Busiswe by die huis kom het haar ma water ingepak en begin loop om die dokter te gaan sien. Busi het by die huis gebly en na haar ander sussies gekyk en seker gemaak dat daar kos is vir wanneer haar ma terug kom.

12

Dit was ongeveer vyfuur die volgende oggend toe Busi se ma en boetie by die huis gekom het. Busi het dadelik gesien dat haar ma nie meer ontsteld is nie en besef dat alles goed verloop het.

13

Busiswe se ma het haar hele gesin geroep en vertel dat die dokter vir haar vertel het dat dit die water is wat haar boetie siek gemaak het en dat dit die hele gemeenskap sal siek maak as hulle nie iets daaraan doen nie.

14

Busi was eers verskriklik ontsteld, want sy het gevoel dit is haar skuld, maar haar ma het haar vinnig vertel van die ongelooflike oplossing.

15

Die dokter het opdrag gegee dat hulle die water moet kook op 'n vuur voor hulle dit drink. Hy het ook gewys hoe om die water te filtreer.

16

Die volgende dag het Busi en haar gesin na die gemeenskap gegaaan en hulle vertel van die goeie nuus. Hulle het ook hulle geleer dat hulle water moet uitskep en dan bad. Die gemeenskap was baie dankbaar om te leer oor hoe om gesond te lewe.

17

Busiswe het van daardie dag af 'n uur vroeer geloop na die rivier toe, water gaan haal en terug gekom om dit eers te kook en te filtreer. Sy het elke dag dankie gesê dat sy en haar gemeenskap gesond kan wees en skoon water kan drink.

18
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die gemeenskap van Ngweni
Author - Ethan Baird
Illustration - Ethan Baird
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs