

Eendag lank lank gelede ,was daar 'n vet vrou ,haar lyf was rond met 'n steenkool vel, en sy was baie lief vir mooi klein meisietjies. Sy het hulle gevang en saam haar na die Soutpan gevat ,waar haar huis onder die water was.
Hulle ouers het hulle nooit weer gesien nie. Elke dag het die Babbeloen vrou in die skool se meisie toilet weggekruip en gewag vir nog 'n mooi meisie om toilet toe te kom. Lollie is 'n mooi meisie met lang gladde hare.
Lollie het nie geglo in die stories van die Babbeloen vrou nie. Sy het alleen toilet toe gegaan en haar maatjies het jaar gesteek om nie alleen te gaan nie, sy het nie na hulle geluister nie en nogsteeds toilet toe gegaan
In die Toilet het die Babbeloen vrou gewag en gewag en gewag . Toe hoor sy die deur gaan oop en wat sien sy daar? Die pragtigste meisietjie wat sy al ooit gesien het. Sy loer vir Lollie ,maar Lollie kan haar nie sien nie.
Sy wag tot Lollie alles klaar gemaak het , toe gryp sy vir Lollie aan haar lang gladde hare en probeer om haar na haar huis by die Soutpan , maar Lollie was sterk en slim , sy draai haar om en byt die Babbeloen vrou aan haar vinger.

