Die vier weglopers
Mallington November
Magriet Brink

Lank gelede,was daar 'n hoender wat nie meer kon eiers lê nie.Die eienaar van die hoender het toe besluit om hom van kant te maak en 'n hoenderbredie van hom te maak.Die hoender het niks van daardie idee gehou nie en toe die hasepad gekies.

1

Nadat die hoender uit die man se kloue ontsnap het,kom hy i kat teë in die pad.Meauw...sê die kat.
Wat het jou so op jaag?
Die hoender kloek uitasem...Die man wil my nek omdraai!So ek hardloop weg!

2

Kat dink by homself "ek is self nie meer fliks genoeg om muise te kan vang nie.Die vrou wil my daarom ook nie meer he nie."
"Kom dan saam met my,"kloek hoender."Dan kan ons saam die wêreld verken".
"Nou maar goed",meauw kat.

3

'n Ent verder kom hoender en kat op 'n hond af.Woef,blaf die hond."Waarheen is julle twee oppad?" wil hond ook weet.Hoender kloek en kat meauw "ons eienaars wil ons nie meer hê nie,so ons loop weg om die wêreld te verken."

4

"Jy is ook welkom om saam te kom"
kloek hoender.Hond blaf "ek is nie goed genoeg om te kan jag met die jagter nie.Hy neem my nie meer saam veld toe nie.So ek sal maar saam met julle die wêreld verken."
Daarmee stap die drie toe voort.

5

So ontmoet hulle 'n donkie ook."Wat lyk jy so lamsinnig donkie" kloek hoender.Donkie sug"ek is oud en is nie meer sterk genoeg om die boer se plaaswerk te doen nie."Kom dan saam met ons,"blaf die hond.Donkie grinnik "dis gaaf van julle.

6

Na ure se loop,gaan sak die son onder die vallei se klowe en neem die sekel maan sy skof oor.Die maats is moeg geloop en honger.Hulle kom op 'n afgeleë hut af.Hond luister met sy groot ore.
Kat kyk met sy skerp oë.Daar is iemand daar binne!

7

Hoender sluip tot by die venster.Hy sien vier boewe aan tafel sit en spog oor alles wat hulle geroof het.
Hy kom vertel die ander.Donkie het 'n plan."Daardie skurke moet 'n les geleer word",sê hy.Almal luister na donkie se plan.

8

Hond spring bo-op donkie,kat bo-op die hond en hoender gan sit op kat se rug.
Hoender kekkel,kat meauw,die hond blaf en die donkie grinnik!Die boewe dog hulle sien 'n tokolosh toe hulle so deur die venster loer.

9

Hulle val omtrent oor mekaar se voete by die agterdeur uit en was nooit weer in die dorp gesien nie.
Hoender,kat,donkie en hond het toe die aand snoesig oornag en het selfs 'n reeds gedekte tafel met ete gehad.

10

Die maats het toe vir altyd daar gebly.Alhoewel hulle eienaars hulle verwerp het was daar steeds goeie eienskappe aan elkeen van hulle en het hulle mooi na mekaar gekyk.

11

Fluit,fluit...die storie is uit.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die vier weglopers
Author - Mallington November
Illustration - Magriet Brink
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs