Op die plaas
Maria Van Zyl
Maria Van Zyl

Ons ry plaas toe met die bakkie. Oor die grondpad met sy stof. Ons sien veld, skape en blomme.

1

Tou swaai is kwaai pret, stoot en laat waai!

2

Eet lekker en drink tee. Geen TV, maar boeke, radio en speletjies speel is plaas pret.

3

Honde en kinders raak vroeg moeg. Na die woel voel almal slaperig en rustig.

4

Oggend stap is lekker koel. Hardloop, speel, spring en jaag. Laaste een by die huis is n vrot volstruiseier.

5

Verf volstruis eiers en ontdek skatte om die huis, soek n muis en bekruip die blomvoet-akkedis. Maak dan 'n kaasbrood - plaasbrood.

6
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Op die plaas
Author - Maria Van Zyl
Illustration - Maria Van Zyl
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs