Die hoender en die haas
Willienke Bruwer
Wiehan de Jager

Eendag was daar 'n hoender en 'n haas wat saam gedans het.

1

Hulle wou graag nog 'n maatjie hê en nooi toe vir hond om saam te kom dans.

2

Hoender, haas en hond het lekker saam gedans.

3

Hoender, haas en hond wou nog 'n maatjie hê en nooi toe vir wolf om saam te kom dans.

4

Hoender, haas, hond en wolf het lekker saam gedans.

5

Hoender, haas, hond en wolf wou nog 'n maatjie hê en nooi vir donkie om saam te kom dans.

6

Hoender, haas, hond, wolf en donkie het lekker saam gedans.

7

Hoender, haas, hond, wolf en donkie wou nog 'n maatjie hê en nooi toe vir koei om saam te kom dans.
Maar koei was nie lus vir dans nie.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die hoender en die haas
Author - Willienke Bruwer
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs