

Santie se ouma is onlangs na 'n lang siekbed oorlede. Dit het haar baie hartseer gemaak, want sy was baie lief vir haar ouma. Sy het graag by haar ouma gaan kuier, wat in 'n huisie naby hulle gewoon het. Noudat sy nie meer daar is nie het Santie haar dae omgehuil, terwyl sy bo in 'n boom in hul erf gesit het. Haar verlange na 'n eie hondjie was nou baie sterker as ooit tevore.
Om te sing, was Santie se ander groot liefde. Oral waar sy geloop het kon jy haar mooi sangstem bo die boomtoppe hoor uitstyg.
Sy was eendag oppad na 'n maatjie se huis, toe sy 'n tjankgeluid in die veld gehoor het. Sy het nader gegaan en wat sy daar gesien het, het haar verbaas laat uitroep. Voor haar op die grond het 'n klein, wit en bruin hondjie gelê. Hy was vasgekeer in 'n gat en kon nie uitkom nie.
Die hondjie was so dankbaar om haar te sien, dat hy dadelik sy stert geswaai het. Hy het sonder om te skroom in haar arms gespring en haar gesig gelek van blykskap. Santie het nie geweet waar die hondjie vandaan gekom het nie. Sy het besluit om hom saam na haar vriendin se huis te neem. Dalk sou sy weet aan wie hy behoort.
In haar hart, het Santie gewens sy kon die hondjie eerder vir haarself gehou het.
By haar maatjie se huis het niemand egter geweet aan wie die hondjie behoort nie. Sy het besluit om hom saam met haar huis toe te neem totdat hulle die hondjie se eienaar kon vind. Met 'n swaar hart het sy gehoop dat dit nooit sou gebeur nie, want sy wil graag die hondjie net vir haarself hê.
Toe Santie by die huis instap, is haar ma baie bly om haar te sien. Sy is nog meer bly wanneer sy die hondjie sien wat agter Santie by die deur inkom.
Waar het jy hom gekry? Ek het oral na hom gesoek.
Santie kyk haar ma verbaas aan.
Dit is jou hondjie wat ons vir jou verjaarsdag gekoop het. Dit moes 'n verrassing wees en ons sou hom môre oggend vir jou gegee het. Ongelukkig het hy weggehardloop en ons het gedink ons sal hom nooit betyds kry nie.
Santie kon nie vir meer vra nie. Haar ma laat toe dat sy vir die nag in haar boomhuis slaap, saam met haar nuwe hondjie wat sy Stoffel noem, want sy het hom in die stof gekry. Haar ma maak vir haar en Stoffel 'n lekker warm bed in haar boomhuis reg, voordat sy terugkeer huis toe. Santie kruip in die komberse in met die lekker warm lyfie van Stoffel styf teen haar. Môre is dit haar verjaarsdag. Sy kan nie wag om dit met Stoffel en al haar maats te deel nie.

