

Pam het 'n baie spesiale teddiebeer. Sy noem hom Teddie en sy hou daarvan om hom naby haar te hou. Sy hou ook daarvan om hom saam met haar bed toe te neem, omdat hy sag en snoesig is.
Pam se boetie, Johan, speel ook met Teddie. Pam hou nie regtig daarvan nie en sy waarsku hom dikwels om Teddie mooi op te pas.
Eendag toe Pam na ́skool by die huis kom, sien sy dat Teddie se hare baie kort afgesny is. Hy het ook snye op sy kop en op sy maag.
Sy staan met Teddie in haar hande, haar oë groot van skok. Dan begin trane van woede by haar wange afrol.
Haar bababoetie het Teddie se hare gesny! Johan het haar beertjie heeltemal bederf!
Pam is baie, baie kwaad. Haar beertjie lyk so hartseer – hy is heeltemal bederf! Hoe kan sy hom vanaand saam met haar bed toe neem wanneer hy lyk asof hy beseer is?
Woedend gaan sy Johan soek om vir hom te sê wat sy van hom dink.
Pam en Johan se ma hoor toe wat met Teddie gebeur het, maar sy los die probleem gou op. Sy sit vir hom 'n rooi hoed op en trek vir hom 'n blou baadjie aan. Nou kan niemand meer die snye aan sy lyfie sien nie.

