Vandag se Ongeluk
Jacqueline Jacobs

Lizzy het in ʼn huis gewoon wat langs die hoofpad geleë was. Sy het gereeld in hulle jaard gesit en na die aktiwiteite op die straat gekyk. Taxi’s het mense werk toe geneem en kinders het verby geloop oppad skool toe.

1

Lizzy het dit geniet om na die
bessies te kyk hoe hulle rond beweeg
Soms het Lizzy geknibbel aan die suur blommetjies wat onder die kraan gegroei het, agter in die tuin.

2

Uiteindelik was daar 'n klein geleentheid tussen die karre. Die een meisie het vinnig oor gehardloop en die ander een gelos wat gehuiwer het. “Kom Mosa, vinnig voor die volgende kar!” skree die meisie wat oor gehardloop het sonder om te kyk

3

Op daai oomblik hoor sy ‘n kar se toeter in haar ore in blaas. “DOEFF!” “PHAAAH!” stamp die kar vir Mosa in die lug. Sy beland op die sypaadjie reg buite Lizzy se huis.

4

Lizzy ervaar skok toe sy besef wat gebeur het met Mosa. Lizzy storm die huise binne in. “Mamma! Mamma! ‘n meisie is deur ‘n kar gestamp! Sy lê buite op ons sypaadjie en sy beweeg nie!

5

Mamma het buitekant toe gehaas, vir Mosa gesien en die ambulans gebel.

Mosa was bewusteloos. Binnekort was die sirene van ʼn ambulans hoorbaar. “Whee whoo, whee whoo!”

6

Die bekommerde paramediese plaas vir Mosa versigtig op die draagbaar en haas haar hospital toe.
Die gemeenskap was hartseer en 'n petisie vir ʼn voetgangersoorgang geteken. Die plaaslike skole het ook padveiligheid lesse aan almal aangebied

7
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Vandag se Ongeluk
Author - Jacqueline Jacobs
Illustration -
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs