

Snertie is so opgewonde as hy buite in die tuin kan speel. Hy wonder wanneer hy groot genoeg gaan wees om op hierdie stoel te sit?
Soms kom speel Anke by hom, en dan kruip hulle orals rond.
Terwyl hy al sy groente eet, kyk hy na die mooi groen bome en gesels met mamma.
Arthur is sy hondjie en n goeie maat. Hy hou net so baie van die groen gras soos Snertie.
Partykeer kry hy interessante goggas in die tuin. Hulle is nog te vinnig vir hom om te vang, maar hy probeer sy bes om aan hulle te vat.
Snertie het in die somer baie geswem in sy klein swembadjie. Na n lang dag by die skool, is dit lekker om n bietjie te ontspan in die water.
Snertie en mamma sit elke dag in die tuin en leer van al die plantjies. Hy hou ook van al die grappies wat mamma vertel!
Snert het ook n katjie. Sy is altyd naby om seker te maak dat hy veilig is.
Partykeer swem hy saam met pappa in die groot swembad. Dan lag hy uit sy magie as pappa hom in die lug gooi!
Snertie weet ook van al die nuus in die land. Hy geniet dit om te lees, veral op die gras.
Snertie gebruik die tuin om insperasie te kry vir sy eerste skildery.
Wat is hierdie ronde goed wat sweef en dan verdwyn? Snertie wil hulle almal vang.

