Die honger hond
Ursula Immelman

In 'n hut in die bos woon 'n hond. Eendag is hy baie honger en besluit om by die rivier vis te gaan vang. Net toe hy lekker sit en sy visstok in die water het, kom 'n krokodil skielik uit die water. "Wat doen jy hier? Dis my en my gesin se woonplek, weg is jy" raas sy met hom.

1

Hy skrik groot, vat sy visstok en begin deur die bos terug te loop. Sy maag grom van die honger. Net toe hy so 'n entjie weg is, sien hy 'n klomp eiers in 'n nes. Wel, as hy nie kan vis vang nie, gaan hy maar eiers eet.

2

Hy begin al die eiers in sy sak te sit, terwyl hy dink aan al die maniere waarop hy die eiers kan gaarmaak. Gebakte eiers, hmm, lekker! Sy mond water, en hy kan nie wag om die eiers te begin smul nie.

3

Toe hy by die hut kom waar hy woon, begin hy 'n vuur toe maak en kry sy pot reg om die eiers in te bak. Hy is bly hy gaan nou iets kan eet omdat hy weggejaag is by die rivier voor hy iets kon vang.

4

Intussen gaan krokodil na luiperd se huis want sy probeer die voetspore volg, en luiperd se sy het nie die eiers nie want sy eet net vleis. Sy stel voor dat krokodil na hond se huis toe gaan en hom oor die eiers vra.

5

Toe sy by hond se voordeur kom, hoor sy hoe hy met homself praat oor hoe lekker hy aan die eiers gaan smul, is sy seker dat hy dief is wat haar eiers gesteel het. Nou maak sy 'n plan om haar eiers terug te kry en hond 'n les te leer.

6

Hond dink dat die pot moet nou warm genoeg wees, maar toe hy kyk na die bakkie waar die eiers is, sien hy dat dat hulle begin breek het, en baba krokodille begin uitklim uit die doppe. Die vuur se hitte het natuurlik gehelp dat hulle uitbroei.

7

Hulle begin orals rond hardloop, op soek na hulle mamma. Hond se hart smelt en hy vergeet van sy honger, hulle is te oulik en hulle lyk ook honger. Hy vang 'n gogga wat in sy hut rondvlieg om hulle te voer maar die volgende oomblik

8

is die mamma krokodil reg agter hom. Sy het deur die oop venster gekom. Sy is baie kwaad en gebruik haar stert om hond 'n pakslae te gee. "Jy moet leer om ander mense se babas uit te los"!

9

Hond begin vinnig weghardloop en mamma krokodil jaag hom. Terwyl hy hardloop skree hy dat hy jammer is en dat hy net vreeslik honger is. En omdat sy hom gejaag het toe hy vis wou vang was hy desperaat.

10

Hulle is moeg van al die gehardloop en kom hulle tot stilstand. Toe begin hulle gesels, en krokodil se dat sy ook jammer is, sy wou net haar babas beskerm. Hulle stem ooreen dat hond in die toekoms kan visvang by die rivier solank hy nie weer haar eiers probeer steel nie.

11

Hulle stap saam terug na die hut waar mamma krokodil haar babas gelos het. Hulle groet by die rivier voor hulle almal wegswem. Van daardie dag vang hond rustig vis by die rivier wanneer hy honger is. Hy het ook nooit weer probeer om enige eiers te steel nie.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die honger hond
Author - Ursula Immelman
Illustration -
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs